Gemeentelede word versoek om die dankoffer wat hulle tydens eredienste sou gee met Snapscan by te dra, of deur elektroniese oorbetaling te doen. ( sien Rekeningbesonderhede)
Laai Telegram op u foon af en soek dan NG Moedergemeente se groep. U moet die groep “join” om te deel in ons kommunikasie. Hier is die skakel: https://t.me/ngmosselbaai
ONS ROEPING
God stuur ons om, soos Jesus, familie en vriend vir almal te wees.
WELKOM!
BY DIE NG MOEDERGEMEENTE OP MOSSELBAAI
Mosselbaai was Dorp van die Jaar in 2017! Dis ’n voorreg om kerk te wees in so ’n mooi dorp met ’n lang geskiedenis, dinamiese groei en opwindende toekoms.
Ons gemeente in die middedorp wil God se hart vir almal in Mosselbaai en sy besoekers wys. Daarom is ons roeping: God stuur ons om, soos Jesus, familie en vriend vir almal te wees.
By ons eredienste is almal welkom – verskillende generasies, spiritualiteite en style – want God is die kern van ons aanbidding!
Ons gemeente wil met spontane, gasvrye liefde ‘n familie vir almal wees: individue asook gesinne met verskillende samestellings. Ons gereelde familiefeeste, kleingroepe en ander byeenkomste poog om ‘n tuiste te skep waar warmte, egtheid en spontanïteit ervaar word.
Almal is hier belangrik en ons personeel – leraars, skriba, kassier, koster, musiekleier, jeughulp, klankman, nutsman en skoonmaker – moet primêr die roeping voorleef.