Ons ontdek Jesus saam.
Elke geloofsreis begin iewers. By ons Nuuskierige Agies begin dit met stories, lag, liedjies en baie liefde.
Kinders woon eers die kindertyd saam met hul ouers in die *10:00-erediens* by en beweeg daarna na hul eie veilige ruimte waar hulle op ’n speelse manier ontdek hoe lief Jesus hulle het. Ons droom is dat elke kleinding moet weet: ek is veilig, ek is geliefd en ek behoort hier.