FAQ
Ons is saam met julle opgewonde oor jul groot dag wat nader kom! Baie geluk! Ons bid saam met julle dat die Here se seën op julle huwelik sal wees.
Soos julle reeds beleef is daar so baie reëlings wat getref moet word en elke keuse moet ‘n wonderlike ervaring wees. Een van daardie keuses is hoe julle huwelik gaan lyk na jul huweliksbevestiging. Ons by Mosselbaai Moedergemeente wil julle graag bystaan en help voorberei vir daardie dag, maar ook veral vir die reis saam, na die dag van sprankel op foto’s vasgelê is.
As gelowige kies ons ‘n pad saam met God en bly ons biddend vra vir Sy hand van seën op ons lewe en huwelik. Ons besef ook dat baie van ons eie keuses sal bepaal of ons nader groei of verder wegdryf van God.
Hier is al die inligting wat julle asb aan die leraar moet verskaf.
- Die volledig voltooide vorm (wat hierby aangeheg word);
- 3 Kleur paspoortgrootte foto’s van julle elkeen;
- Die brief van die prokureur wat getuig dat julle ‘n Huweliksvoorwaarde Kontrak opgestel het. Indien u binne gemeenskap van goedere trou, is so ‘n brief nie nodig nie;
- Indien enigeen van julle tans ‘n geskeide persoon of weduwee/wewenaar is, moet die nodige dokumente om dit te staaf saamgebring en ingehandig word;
- Afskrifte van die 2 persone se identiteitsdokumente wat as getuies sal dien by die ondertekening van die huweliksregister asook afskrifte van die huwelikspaar se ID’s (dis nie nodig om dit te laat sertifiseer nie)
- Julle is verantwoordelik vir die huweliksfooi wat R3,000.00 beloop en die reiskostes wat R5.50 per km beloop as die ‘venue’ buite ‘n 30 km radius vanaf die kerk is.
Ons glo dat julle dag iets besonders sal wees. Ons sal alles in ons vermoë doen om by te dra tot die feestelikheid van die dag.
Ja, kontak gerus vir Corné in die kerkkantoor – admin@ngmosselbaai.co.za / 044 691 2465
Sien die “Administratiewe sake by afsterwe” dokument hier.
Ja, besoek ons verskeie bedienings hier.
Voorskool – Gr. 6:
09:00-10:00 (Tussen ons twee dienste)
Hoërskool Gr. 7-11:
18:00-20:00 (18:00 – Aanddiens, 19:00 – Kategese)
Vroue Bybelstudie – Dinsdae, 10:00
Senior Bybelstudie – Woensdae, 11:00
Jongvolwassenes – Woensdae, 18:00
Mannegroep (Middel groep) – Donderdae, 18:00
Mannegroep (Ouer groep) – Vrydae, 06:00
Eenique Groep vir enkellopendes – Laaste Saterdag van elke maand
08:00, 10:00, 18:00
Gewoonlik die eerste Sondag van die maand. Aansoekvorms is by die kerkkantoor en hier beskikbaar en moet een maand voor die doop ingehandig word. Sodra ‘n datum vasgestel is moet die doopouers die betrokke leraar kontak vir ‘n doopafspraak.
Ons het ‘n span mense wat nuwe mense by die eredienste verwelkom en regstaan om hulle van die nodige dokumentasie te voorsien en besonderhede te neem. Hulle volg dit dan op met die lidmate. Hulle moet dan juis van “vreemdelinge” vriende en familie maak deur lidmaatskapsake te hanteer en nuwe mense te help om iewers by ‘n bediening in te skakel. Die Bediening reël ook 2 keer per jaar ‘n verwelkomingsfunksie vir nuwe lidmate. Nuwelidmaatvorms is by die kerkkantoor en hier beskikbaar.
Belydenis van geloof word gedoen wanneer ‘n gedoopte persoon openlik sy of haar persoonlike geloof in Jesus Christus bely en die doopbeloftes wat namens hulle gemaak is (gewoonlik by die kinderdoop) persoonlik aanvaar.
Dit vind gewoonlik plaas na die voltooiing van ‘n finale kategesejaar of ‘n spesifieke belydenisklas-program, dikwels in die graad 11 jaar of as jong volwassene. Die belydenis word openlik voor die gemeente afgelê, dikwels gesien as ‘n “roetemerker” of mylpaal op die geloofspad.
Belydenis van geloof is dus nie net ‘n tradisie nie, maar ‘n bewuste stap van toewyding aan God en die Christelike leerstellings.