ONS ROEPING

Ons glo alle mense het ’n sterk behoefte aan aanvaarding, liefde en om te behoort en dat dit in goeie verhoudings gevind kan word – soos in familie en vriendskappe. Christus is ons beste voorbeeld van iemand wat alle mense so behandel het. Gesinne kom in alle vorme voor en ons glo die familie is ook kerk en in vennootskap met die gemeente. Ons wil juis vir alle soorte mense, en in watter gesin situasie ook al, met spontane, gasvrye liefde ’n familie wees.

Die “familie- en vriend-ding” is daarom die DNA van al ons aktiwiteite en bedienings – ons eredienste, familiefeeste waar ons lekker kuier, bedienings vir kinders, jeug en seniors, kleingroepe waar mense moet tuiskom, versorging van siekes en mense in nood ens.

ONS LOGO

Die logo simboliseer lewe in oorvloed. Die kruis is aan die hoof, om Christus as die fokus van die gemeente te simboliseer. Die harte is die liefde tussen gemeentelede en hulle liefde vir God. Hierdie liefde straal Goddelike liefde en warmte uit. Die geronde vorms in die logo kan gesien word as vuur, wat die Heilige Gees simboliseer, of watergolwe, wat eie is aan Mosselbaai maar ook ‘n konnotasie het met die werk van God. Die logo is dus ‘n viering van die liefde en lewe wat God wakker maak in die harte van die gemeentelede. Liefde en lewe wat ook dan uitgestraal word na die res van gemeenskap, en die wêreld. (Grafiese ontwerper: Krüger van Deventer)

ONS LERAARS

Dr-Gerrie-Van-Deventer

Dr Gerrie Van Deventer
Tel: 044 690 5140
Sel: 084 436 9420
gerrie@ngmosselbaai.co.za

Ds-Pierrie-Kies

Ds Pierrié Kies
Tel: 044 690 6797
Sel: 076 110 4202
pierrie@ngmosselbaai.co.za

Ds-Henri-Meyer

Ds Henri Meyer
Tel: 044 691 1393
Sel: 083 455 6940
My Blog
henri@ngmosselbaai.co.za

ONS PERSONEEL

Bessie-Badenhorst

Ontvangsdame/Sekretaresse
Bessie Badenhorst

Maandae tot Vrydae: 08h00-14h00
Tel: 044 691 2465
Sel: 084 224 5323
Epos: ngmbkant@ngmosselbaai.co.za

Esther-Prinsloo

Finansiële Beampte
Esther Prinsloo

Dinsdae tot Vrydae: 08h00-14h00
Tel: 044 690 8091
Epos: ngfin@ngmosselbaai.co.za

Anthonette-Erasmus

Jeughulp
Anthonette Erasmus

Sel: 072 630 2594
Epos: anthonette.bridge@gmail.com

Christina

Skoonmaker
Christina Jaxa

Irma-Botha

Musiekleier
Irma Botha
Sel: 082 615 8264

Adrian

Algemene Werker
Adrian Johnson

Close Menu