Die gemeente se Familie Bediening fokus op vier elemente van familie-wees nl. Gesinne, Huwelike, ons Jeug en die Gemeente as Familie. Gesinne vorm die kern van ’n kind se geloofsvestiging en groei en word daarom d.m.v. weeklikse kommunikasie ingelig oor ons aktiwiteite by JA vir Jesus!-aksie. Ouers word deurentyd bewus gemaak van die vier sleutels van praktiese geloofsvestiging nl: Toewyding/Huisgodsdiens, Liefdevolle Geloofsgesprekke, Tradisies en Dade van Diens. Ons poog ook om ons jeug in elke fase van hul geloofslewe te help vorm. Soos kinders deur die verskillende fases beweeg (van voorskool, die nuuskierige agies, tot Graad 12, ‘faith rebels’), word ouers gereeld herinner aan húl spesifieke rol in elke fase.
Twee vorme van interaksie dek die res van die bediening se bedrywighede:
Ontwikkelingskursusse (bv. Huweliksverryking en Immergroen Ouerskap) en “Gemeente as Familie”-aktiwiteite bv. Druiwepluk by Jakkalsvlei en ons gewilde Potjiekosdag
Lees meer