OPSKOPPERSTOER 2018

Die Opskoppers, onder leiding van Ds Gerrie het vanaf 28 tot 31 Augustus ‘n baie geseënde toer met vele besondere ‘God-moments’ na die Boland onderneem. Oppad daarheen is daar piekniek gehou by Viljoensdrift-wynkelder asook ‘n heerlike riviervaart op die pragtige Breërivier. Vanaf Goudini Spa is verskeie interessante uitstappies onderneem na onder andere Kleinplasie en die historiese dorpie Tulbagh. ‘n Besonderse nagmaaldiens is gehou in die pragtige Bosjes kapel tussen Worcester en Ceres met uitsonderlike argitektuur en tuine uitgelê volgens Bybelse tuine en plante. Die toer is afgesluit met ‘n heerlike ete by Die Opstal. Wat ‘n voorreg om hierdie toer met hierdie besonderse klomp mense te kon meemaak!!