GRAAD 12
Ons doen die lewe saam.
Die lewe bring groot vrae, groot drome en soms groot uitdagings. Jongvolwassenes is ’n plek waar jy dit nie alleen hoef aan te pak nie. Of jy nou studeer, werk, verloof is, getroud is of net op soek is na egte gemeenskap, hier is plek vir jou. Ons ontmoet Woensdae aande om 18:00 rondom goeie koffie en eerlike gesprekke oor geloof, verhoudings, werk, roeping en die lewe soos dit regtig is. Ons kamp saam, lag saam, bid saam en dra mekaar deur die mooi én moeilike seisoene van die lewe.
Ons doen lewe saam!





