Borrel Klub Cover Pic

GRAAD 1 - 3

Borrel Klub Heading

Ons groei saam.

Ons glo kinders is nie net die kerk van môre nie – hulle is deel van die kerk vandag. Daarom begin hulle elke Sondag saam met hul ouers in die erediens voordat hulle tussen die twee dienste vir Borrelklub bymekaarkom. Dit gee ouers die geleentheid om óf die 08:00- óf die 10:00-erediens by te woon, terwyl hul kinders ’n betekenisvolle oggend saam beleef. Deur lofprysing, Bybelstories, speletjies en klein groepe ontdek hulle hoe geloof deel word van die alledaagse lewe. Terwyl ouers tussen die dienste ’n koppie koffie geniet en saam kuier, kan hulle met gemoedsrus weet hul kinders is veilig, geliefd en besig om in hul verhouding met Jesus te groei.