Belydenis Cover Pic

GRAAD 10 - 11

Belydenis Heading

Ons volg Jesus saam.

Belydenis is meer as voorbereiding vir een dag dit is voorbereiding vir ’n leeftyd. In Graad 10 ontdek ons waarom ons glo, en in Graad 11 fokus ons op wat ons glo. Deur eerlike gesprekke, Bybelstudie, kampe en saamreis help ons jongmense om hul geloof hul eie te maak. Openbare belydenis aan die einde van Graad 11 is nie die eindpunt nie, maar die begin van ’n lewe waarin Jesus elke dag gevolg word. Kategese vind ná die 18:00-erediens plaas, en ons nooi ouers uit om saam die erediens by te woon. Ons bou jongmense se geloof op vier sterk pilare: Kennis, Verhouding, Mistiek en Uitreik.