Senior Kategese Cover Pic

GRAAD 7 - 9

Senior Kategese Heading

Ons ontdek identiteit saam.

Wie is ek? Waar pas ek in? Hoe lyk dit om Jesus vandag te volg? Dit is van die belangrike vrae waarmee ons saam worstel. Senior Kategese vind ná die 18:00-erediens plaas, en ons nooi ouers uit om saam die erediens by te woon. Ons bou jongmense se geloof op vier sterk pilare: Kennis, Verhouding, Mistiek en Uitreik. Ons begeerte is dat elke tiener nie net meer van God sal weet nie, maar Hom persoonlik sal leer ken en met oortuiging sal volg.