GRAAD 4 - 6
Ons leef geloof saam.
Ons glo kinders is nie net die kerk van môre nie, hulle is deel van die kerk vandag. Daarom begin hulle elke Sondag saam met hul ouers in die erediens voordat hulle tussen die twee dienste vir Kids Kerk bymekaarkom. Dit gee ouers die geleentheid om óf die 08:00- óf die 10:00-erediens by te woon, terwyl hul kinders ’n betekenisvolle oggend saam beleef. Deur lofprysing, relevante Bybelonderrig, speletjies en klein groepe ontdek hulle hoe geloof deel word van hul alledaagse lewe. Daarna kuier ons in ons eie Kids Café – ’n plek waar warm sjokolade, koffie, koekies en goeie vriende help om ’n gevoel van tuiswees te skep. Terwyl ouers tussen die dienste ’n koppie koffie geniet en saam kuier, kan hulle met gemoedsrus weet hul kinders is veilig, geliefd en besig om in hul verhouding met Jesus te groei.





