Gebedsbediening

Corrie Prinsloo

Monica van Niekerk

Ons wil graag die hele gemeente mobiliseer om te bid deur ‘n gebedsbewustheid te kweek en gehoorsaam te wees aan die opdrag in 1 Tim 2:1 ‘Ek dring daarop aan dat in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.’

–  Gebedsversoeke kan gestuur word aan die leraars of gebedsbedieningleiers wat dit sal deurgee aan die Whatsapp voorbiddinggroep. Kontak ons asseblief as jy wil deel word van die voorbiddingspan.  

–  Maandae bid ons 06:30 in die Gebedskamer – almal is baie welkom.

–  Donderdae is dit ons gemeente se 24 uur wagbeurt  in die Ring van Mosselbaai om voorbidding te doen vir ons gemeente, gemeenskap, SA en die wêreld.

Kontak ons asseblief as jy ‘n 15 minute, halfuur of ‘n uurbeurt kan neem om tuis saam te bid hiervoor.

–  Inligting rakende spesiale biddae en geleenthede word in die Familienuus deurgegee soos wat dit opkom deur die jaar.

Enigeen is welkom om Sondae 09:15 in die kloktoring vertrek te kom saambid vir die eredienste.